Managing Conflict in Relationships​

Skuldgevoel, skaamte en vrees – hierdie giftige emosies monopoliseer jou kliënt se persoonlikheid met selfkritiek, -haat, twyfel en soms paranoia.

Teen die tyd dat hulle by jou kantoor aankom, sukkel hulle dikwels met depressie, hoë angsvlakke, ontstellende gedagtes, sinloosheid van bestaan en substansafhanklikheid.

Die lyding wat deur hierdie gevoelens van onwaardigheid en tekort veroorsaak word, kan van die moeilikstes wees om suksesvol te behandel.

Tot nou toe…

MLP™ Basic Counseling opleiding

  • Hierdie kursus is ontwerp vir professionele persone wat hul praktiese benadering na ‘n dieper vlak wil neem.
  • Dié kursus sal jou wys hoe om effektief met verskillende negatiewe emosies soos skuldgevoel, skaam, vrese vir mislukking en verwerping d.m.v Multi-Level Processing™ te werk.
  • Deur praktiese en ondersteunende hulpmiddele en strategieë sal jy jou huidige benadering versterk en jou kliënt se menslike potensiaal kan maksimaliseer.
  • KLIEK HIER om na die webblad te gaan.

Daar is die afgelope 12 maande meer as 100 hulpverleners in MLP™ opgelei en jy word uitgenooi om die eerste Multi-Level Processing™ werkswinkel in die George-omgewing by te woon.

Tydens die MLP™ Basic Counseling opleiding leer jy:

  • die drie tipes kliënte en watter tipe selde verander.
  • die drie aspekte van enige beradings- en terapeutiese praktyk wat noodsaaklik is, indien jy verandering in jou kliënt wil sien.
  • die ontbrekende bestandeel in meeste hulpverlening.
  • waarom meeste gedragsverandering metodes onsuksesvol is.
  • hoe om akkurate assessering (met die hulp van geldige en betroubare skale) te doen.
  • hoe die brein inligting prosesseer en integreer vir effektiewe gedragsverandering en transformasie.
  • wat die nuutste neurowetenskap i.t.v. prosessering bewys het.
  • waarom praat- en kognitieweterapie nie die simptome van intense ervaringe (soos trauma en langdurige stres) totaal kan verwyder nie.
  • waarom die kliënt die sessie lei en die hulpverlener volg – ‘n paradigma skuif vir meeste hulpverleners.
  • waarom teenwoordigheid belangriker is as raad.
  • hoe om nie van eie emosies gedurende die sessie af te sny nie, maar nogsteeds teenwoordig te bly.
  • wat somatiese bewustheid is en die voordele daarvan.
  • hoe om nie jou kliënte te angstigheid oor te neem en dan snags wakker te lê nie.
  • en nog baie meer.
  • KLIEK HIER om na die webblad te gaan.

Wanneer, waar en hoeveel?

  • 29 Nov – 2 Des 2017
  • George (Weskaap)
  • R4500pp

Vir meer inligting:

  1. reageer op hierdie epos of rig vrae aan admin@perspectivetrainingcollege.co.za of,
  2. besoek http://wp.me/p7DCcL-1 of,

laai die registrasievorm hier af. Voltooi en stuur terug met bewys van betaling. KLIEK HIER

Related Tags

Share:

Picture of Marinda Reynecke

Marinda Reynecke

Counselling Psychologist

Recommended articles

narcissist

How To Deal With A Narcissist

Encountering a narcissist in your personal or professional life can be a daunting experience. Narcissists possess an inflated sense of self-importance, an insatiable need for admiration, and a lack of empathy for others.

Read more →
× Ask For FREE