Kry ‘n padkaart vir jou huwelik
Verstaan die verskillende fases van die huwelik. Meeste pare hak vas in die magstryd fase of die oorlewingsfase. Hierdie kursus gaan julle help om verby hierdie fases te groei tot ‘n plek van gesonde konneksie, lewensvreugde en kameraadskap.
Genesing van die pyn wat die verwydering veroorsaak
Die meeste pare het mekaar eintlik baie lief. Maar iewers in die lewe het ons seer gekry, en dan sukkel mense om hulle liefde vir mekaar te wys. Leer hoe jou huwelik ‘n plek kan word wat die seer wat gebeur het, kan beter maak, nie erger maak nie.
Praktiese Demonstrasies van Pare Dialoog
Pare weet nie hoe om in onveilige, gespanne situasies met mekaar te kommunikeer nie. Gewoonlik lei die meeste gesprekke na meer diskonneksie en meer onveiligheid. pare leer in hierdie kursus hoe om op so manier te kommunikeer dat intimiteit, konneksie en veiligheid kan herstel.
Julle is baie verskillend – daarom hoort julle bymekaar
Leer hoe julle jul verkille kan saamspan om ‘n groter geheel te vorm wat lei tot groei en meer lewendigheid. Konflik kan effektief tot groei lei. Dit hoef nie elke keer tot ‘n magstryd te lei nie.
Verstaan hoekom julle mekaar aangetrek het
In hierdie werkswinkel gaan julle jul onbewuste prentjie van liefde (IMAGO) verstaan. Jy gaan presies weet waarom julle twee op mekaar verlief geraak het. Julle gaan ook verstaan wat is die onbewuste agenda van julle huwelik. Dit maak soveel sin wat aangaan as julle dit agterkom!
Waarom baklei julle?
Hoe kan mense mekaar so lief hê, en so kwaad raak vir mekaar? In hierdie kursus gaan julle dit beter verstaan en ook leer hoe om dit volgende keer gesonder te hanteer. Julle gaan ook leer dit help nie om in die hitte van die stryd iets te probeer regmaak nie. Mens moet die pyn wat die reaktiwiteit verooorsaak, genees. Ek gaan julle wys hoe.
Interessante lesings
Met videomateriaal word lesings aangebied. Met Grafiese voorstellings kan julle visueel sien wat gaan onsigbaar aan in julle huwelik.
Praktiese oefeninge om teorie toe te pas
Na elke lesing kry julle ‘n pdf blad wat julle kan uitdruk om die inligting met mekaar te bespreek. Hierdie is ‘n reis wat julle as huwelikspaar, saam kan anpak.
Doen hele kursus op julle eie tyd en ritme
Die kursus word oor vier modules aangebied. Elke week word ‘n nuwe module vrygestel. Julle kan elke dag ‘n halfuur, vir een maand lank, die kursus deurgaan, of julle kan ‘n hele naweek sit en dit sam deurgaan. Enige manier, soos dit julle pas.
Die aanbieder
Kobus van der Merwe bied al vir 23 jaar werkswinkels vir pare aan. Hy verduidelik nagevorsde teorie prakties en interessant. Hy is ‘n opgeleide Imago Terapeut en werkswinkel aanbieder. Hy is 25 jaar getroud met Anita en hulle het drie volwasse kinders.
Kobus van der Merwe
Opgeleide Imago Kliniese Terapeut en Opleier