REGISTREER HIER
Die Imago “Getting The Love You Want” pare werkswinkel verskaf ‘n veilige omgewing waarin jy en jou maat sonder afleidings kan fokus op jul verhouding. Dit verskaf die tyd en spasie om julle saam in staat te stel om deurbrake te maak in die manier waarop jul in verhouding met mekaar staan.
Vir die afgelope 16 jaar is die werkswinkel ontwerp om jou op reis te neem na ‘n bewuste, gesonde en volwasse verhouding. Dit neem jou stap-vir-stap deur die eksplorasie van jou verlede en die invloed daarvan op jou huidige lewe. Te same word jul aangemoedig om ‘n nuwe visie te skep en te beplan aan ‘n vreugdevolle en liefevolle toekoms saam.
Die ontdekkings tydens die naweek, verskaf ‘n ryke basis om in opvolg terapie gefokus en effektief te werk.
Werkswinkel hoogtepunte
- ‘n Tweedag intense ervaring wat ontwerp is om jou verhouding storie aan die lig te bring en konneksie te verdiep.
- Privaatheid om op jou eie te werk, en hulp byderhand indien jy dit benodig.
- Lewendige demonstrasie van Imago verhoudings prosesse.
- Ontsnap van eksterne afleidings wat jou in staat sal stel om te fokus op die skep van jul verhoudings visie en die leer van die stappe om dit te bereik.
- Geleentheid om te leer van ander pare se ervarings en om joune met hul te deel indien jy so verkies.
- Lei gewoonlik tot verhoudings deurbrake.
‘n Persoon wat die werkswinkel bygewoon het, het gesê: “dit is soos twee jaar se terapie in 2 dae“. Die intense werk wat afgehandel word in ‘n werkswinkel stimuleer die veranderinge wat moeilik is om te behaal in kort terapie sessies. Dit is ‘n effektiewe gebruik van tyd en geld.
Hoe om vir die pare werkswinkel to bespreek
- Kliek op die skakel om by die registrasievormuit te kom.
- ‘n Betaling van R 1000 deposito (Rekeningbesonderhede onder op hierdie bladsy)
- Die balans van R 6500 is betaalbaar op die Vrydag wat die werkswinkel begin.
- Lees asseblief die inligting oor die werkswinkel regs en onder op hierdie bladsy.
- Daag op met baie nuuskierigheid en oop vir verandering en groei.
Ons sien uit om julle by ons te ontvang!
Datums
- 8 – 10 Jan (Afrikaans – Henley-on-Klip)
- 22 – 24 Jan (English – Henley-on-Klip)
- 12 – 14 Feb (Afrikaans – Henley-on-Klip)
- 19 – 21 Feb (English – Henley-on-Klip)
- 4 – 6 Maart (Afrikaans – Henley-on-Klip)
- 11 – 13 March (English – Henley-on-Klip)
- 1 – 3 Apr (Afrikaans – Henley-on-Klip)
- 15 – 17 Apr (English – Henley-on-Klip)
- 6 – 8 May (Afrikaans – Henley-on-Klip)
- 20 – 22 May (English – Henley-on-Klip)
- 3 – 5 Jun (Afrikaans – Henley-on-Klip)
- 17 – 19 Jun (English – Henley-on-Klip)
Tye
Vrydag 09:00-18:00
Saterdag 8:00-19:00
Sondag 8:00-18:00
Afhangende van die groepsdinamiek en grootte, kan ons soms vroeër klaarmaak. Die werkswinkel sal nie later as bg tye gaan nie.
Prys
R 7 500
Nie verhaalbare deposito van R 1000 benodig vir bespreking. Balans kan op dag wat werkswinkel begin, betaal word. Afbetaalreelings kan ook getref word. Skakel my gerus daarvoor.
Krediekaartbetalings
Deposito (R1000) Balans (R6500) Volle Bedrag (R7500)
Bankbesonderhede vir EFT betalings:
Tak: Menlyn Park
Takkode: 252 645
Rekeninghouer:JF vd Merwe
Rekeningtipe: Tjek
Rekeningnommer: 62090219231
Verwysing: Imago plus jou voorletters en van